Vrywillige Deelname

Hoeveel Mense Gaan In Hierdie Proef Wees, En Wie Kan Daarby Aansluit?

Die proef gaan ongeveer 5 400 mans en vroue in Suid-Afrika werf. Om aan hierdie proef deel te neem, moet die persoon gesond wees, tussen 18 en 35 jaar oud, en nie met MIV besmet wees nie (MIV-negatief). Die persoon moet gewillig wees om fisiese ondersoeke sowel as gereelde MIV-berading en -toetsing te ondergaan. Vroue mag nie swanger wees of borsvoed nie. Daar is egter ook ander kriteria waaraan voldoen moet word, om vir deelname aan die proef te kwalifiseer.

Wat Kan Jy Verwag Indien Jy Besluit Om ’n Vrywillige Deelnemer Te Wees?

Ons sal enige vrae wat jy het, beantwoord om seker te maak jy verstaan wat deelname aan die proef behels.

  • Jy sal fisiese ondersoeke ondergaan, onder meer bloedtoetse. Bloedmonsters sal gebruik word om vir MIV-infeksie te toets; hoe jou immuunstelsel op die proef produkte reageer; beperkte genetiese toetsing en ander toetse wat navorsers sal help om die deelnemer se gesondheid en immuunstelsel beter te verstaan.
  • Tydens die verloop van die proef sal jy die kliniek ongeveer 16 keer oor 3 jaar besoek. Jy sal tydens 5 van hierdie besoeke die proef-inspuitings met die proef entstowwe of plasebo's ontvang. Tydens die proef sal jy altesaam 8 inspuitings ontvang.
  • Jy sal gevra word om tred te hou met hoe jy die 3 dae ná elke inspuitingbesoek voel. Jy en die kliniek personeel sal in kontak wees oor hoe jy tydens daardie tyd voel.
  • Opvolgbesoeke sal MIV-berading en -toetsing insluit, sowel as om die kliniek personeel se vrae te beantwoord. Hierdie besoeke sal korter wees as dié wanneer jy proef-inspuitings ontvang.
  • Jy sal ingelig word oor optimale maniere oor hoe om jou teen MIV-infeksie te beskerm.

Wanneer En Waar Gaan Die Proef Gedoen Word?

Daar is in Oktober 2016 begin om deelnemers vir die proef te werf. Die proef sal by 15 kliniese navorsing sentrums in Suid-Afrika gedoen word.